View Single Post
  #9  
Old January 31, 2004, 07:17 AM
fwullah's Avatar
fwullah fwullah is offline
First BC Member
 
Join Date: June 20, 2002
Location: Dhaka
Favorite Player: A successful cricketer
Posts: 6,545

This news is probably saying that the match of today will start from 10 AM.

Bangladesj in
Namibië se visier
• Andrew Poolman

NAMIBIë se krieketspelers besef dat hulle in die komende eendagreeks teen Bangladesj ‘n groot slag vir die toekoms van die spel in Namibië kan slaan.
Die openingswedstryd is môre om 10:00 by Wanderers, die tweede wedstryd Sondag by United en die laaste wedstryd Woensdag by Wanderers.
Bangladesj is die tiende land wat toetsstatus van die Internasionale Krieketraad (ICC) verwerf het, terwyl Kenia internasionale eendagstatus het. Sedert Kenia dié deurbraak gemaak het, is sy spelers professioneel en word ál meer geleenthede vir sy krieketspelers geskep.
“As ons op ‘n gereelde grondslag met spanne soos Bangladesj kan afreken, moet dit Namibië se saak versterk om internasionale eendagstatus te verwerf, wat ‘n geweldige verskil aan die vooruitsigte van ons krieket sal maak,” sê die snelbouler Rudie van Vuuren.
“Kyk maar net na Kenia en hoe hulle vooruitgaan sedert hulle die erkenning van die ICC verwerf het. Ons doel is om dieselfde te doen.”
Die Namibiese Krieketraad (NKR) is juis voornemens om voor die einde van dié seisoen ‘n semi-professionele kontrakstruktuur vir die nasionale span in plek te hê. Internasionale eendagstatus is nie net die spelers se doel nie, maar ook die NKR s’n, het die president, mnr. Laurie Pieters, gesê.
“Ons is besig om aan die kontrakstruktuur te werk. Dit sal gebaseer wees op die stelsel van A-, B- en C-kontrakte soos die res van die wêreld. Die Krieketraad het baie ambisie om voort te bou op verlede jaar se deelname aan die Wêreldbeker,” het mnr. Pieters gesê.
Van Vuuren het gister aan Republikein gesê hy het ‘n ligte beenbesering tydens die toer in Zimbabwe opgedoen, maar dat hy verwag om teen Sondag gereed te wees om te speel. “Ek sal die besering vanaand (gister) by die oefening toets.”
Volgens Van Vuuren was die toer in Zimbabwe baie geslaagd.
“Ons het ‘n goeie mengsel van jeug en ervaring, en spelers soos J.B. Burger en Gerrie Snyman begin gereeld presteer.
“Kevin (Curran) is ‘n goeie afrigter – hy bly konsentreer op die basiese aspekte en het nie tierlantyntjies nie. Sy benadering is ‘n uitstekende aanvulling vir die werk wat Dougie Brown (Namibië se afrigter tydens verlede jaar se Wêreldbeker) begin het. Dougie het dieselfde visie as Bob Woolmer en die aandag wat hy aan detail gegee het, het afgesmeer op ons,” sê Van Vuuren.
“Ons het dié week nogal hard gewerk aan ons boulwerk in die eerste 15 boulbeurte van ‘n wedstryd – dis nogal ‘n kuns om te vervolmaak. Kevin het ook hard gewerk met die kolwers om lopies te soek in die eendagspel. En fiksheid – ek dink die ouens begin nou lekker fiks raak.”
Die span van Bangladesj het eers gisteraand in Windhoek aangekom en nie gistermiddag soos die plan was nie. Die Asiërs se vlug het te laat in Johannesburg aangekom om betyds te wees vir die aansluitingsvlug na Windhoek.
Reply With Quote